Baie dankie vir die pragtige foto's! Dis die lewe so in die natuur naby God in sy skepping! Wens ek was daar!
Hoop dit gaan goed met julle almal daar en dat Onse Vader se helende hand oor jou is en sy engele jou omring met alles wat jy nodig het! Die ginekoloog is baie tevrede met die babatjie se vordering en hy is die laaste 4 weke elke 2 weke double sy size! Die koppie se deursnee is omtrent nou so 4.5cm. Maryka is nou darem oor so twee dae verby haar eerste trimester so dit begin al beter gaan met die eetlus ens. Ek sal 'n mooi foto neem van die ou boepie en vir jou e-mail. Ek gaan ma die naweek haal om te kom kuier sy wou nie laas naweek kom nie want..... maar nou ja!
Verder is die Here goed vir ons almal hierdie kant en het ons niks om oor te kla nie, wens net ek en jy kan sommer net lekker gesels oor 'n koppie tee oor alles en nog wat.
Kyk mooi na julleself en onthou al stuur ek nie so baie e-mails nie dis nie oor julle nie in my gedagtes of hart is nie, dit raak partykeer net so bietjie besig by die werk en ek werk mos net 3 dae 'n week.